8 Bontstaan Klerewinkel Uitgawe: No: 5/2015 Datum: Donderdag 12 Februarie 2015 PROGRAM VAN DIE WEEK Donderdag 12 Februarie (Ingang: Hek 4 in Blackwoodstraat) Vrydag 13 Februarie Tye: Maandae tot Vrydae: 07:10 – 07:45 Maandae tot Donderdae: 12:45 – 13:50 Melanie Geldenhuys (Sel: 0836547947) Angels @ Hennops Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos aan die behoeftige leerders van ons skool. U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur. Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry. Graad Graad R Graad 1’s Graad 2’s Graad 3’s Graad 4’s Gr 5’s en Gr 6’e Graad 7’s Alle Grade Voorstelle wat om te bring Enige nie-bederfbare produk Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse Long Life Melk en/of Tee Suiker en/of Koffie Rys, Pasta, Soppoeiers Blikkieskos, alle groente en vleis en koekmeel Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe, toiletpapier Finansiële bydrae Saterdag 14 Februarie Maandag 16 Februarie Dinsdag 17 Februarie Woensdag 18 Februarie Donderdag 19 Februarie Vrydag 20 Februarie Valentynsverkope Tennis: GN Geslote Toernooi Atletiek: Cluster by H/S Zwartkop Voortrekkers: Penkop en Drawwertjie Kamp BLOUGOLFDAG – Bring asb ‘n Angelsproduk Maanlig Liefieloop pretloop en pretdag Swem: Friendly Friday Relay Tennis: GN Geslote Toernooi Perdry: Misty Meadows Rugbyproewe: 8:00 – 14:00 Voortrekkers: Spanvergadering No 3: 17:00 – 18:15 Bulletjie Rugbyoefening – Alle spanne: 17:00 – 18:00 Tennisligas Ainos Oudisies: Gr 4 – 7: 15:00 – 16:00 Rugbyproewe: 14:00 – 18:00 Netbalproewe Hokkiekliniek: 0/8 – 0/10 Toastmasters Netbalproewe Bulletjie Rugbyoefening – Alle spanne: 17:00 – 18:00 Ainos Oudisies: Gr 4 – 7: 15:00 – 16:00 Hokkiekliniek: 0/8 – 0/10 Netbalproewe Toets: Graad 4 – 7: Afrikaans Atletiek Distrik – Skif na 29ste Nelbalproewe Bulletie Rugby: Pa-en-seun aand - skuif na 27 Februarie Voortrekkers: Oord Monument Leierskapkamp (Gr 0 – 3) Swem: Friendly Friday relay Jnr Revue oefenmiddag: 13:30 – 16:00 Gelukwensing: Verjaarsdae: Saterdag 14 Februarie – Sondag 15 Februarie - Mev Linda Schroeder en Mev Dinah-Anne Claassen Mev Alice Maree en Mev Ellize Bosch Mnr Rossouw J van Rensburg Maandag 16 Februarie - Mev Ronel du Randt Dinsdag 17 Februarie Mev Marie le Roux Donderdag 19 Februarie - Mev Erna de Bruin en Mej Chantel Espach Vrydag 20 Februarie Mev Rita Swanepoel 2 Uit die Kantoor van die beste skool in die Wêreld Ek het ‘n besonder onaangename paar dae ervaar die afgelope week. Toe ek ‘n hoërskoolonderwyser was, was ek gewoond daaraan om redelik groot probleme wat die dissipline van kinders aangaan, op ‘n gereelde basis aan te spreek. As ‘n ou lank genoeg met groot probleme te doen het, raak jy blasé daaroor, en beïndruk min krisisse jou. Ek was letterlik voorbereid op elke dingetjie wat oor my lessenaar gekom het. Verlede week was ek glad nie voorbereid op wat vir my gewag het nie. Ons het ‘n Graad 7-seun betrap met dagga by hom. ‘n Paar kinders het vir my kom sê dat die betrokke seun dwelms by die skool het, en ek was natuurlik geskok, maar het tog gevoel dat daar ‘n fout iewers moet wees. Dit kan mos nie waar wees nie! Nie by ‘n laerskool nie! Nie by hierdie laerskool nie! Nietemin, ek het hom gekonfronteer, en hy het die dwelms aan my oorhandig. Sy pa is onmiddellik geskakel, en hy was lank hier by my in my kantoor. Die seun se pa was platgeslaan – u kan net dink, nê? Die seun is onmiddellik vanaf hierdie terrein verwyder, en hy kom nie terug hierheen nie. Dat daar definitief redes aangevoer kan word vir hierdie jongman se ongelukkigheid wat hom so ver gedryf het, is bepaald so. Ek kry hom jammer – hy moes al, en doen steeds, moeilike en uitdagende omstandighede in sy jong lewe hanteer, en ek dink regtig hy is ‘n slagoffer van sy omstandighede. Daarom hoop ek regtig dat hy die hulp en bystand kry wat hom heel anderkant sal laat uitkom. Ofskoon ek simpatie met hierdie seun het, sal geen kind in Laerskool Hennopspark toegelaat word om ander kinders se veiligheid of geluk te bedreig nie, maak nie saak watse “versagtende” omstandighede daar is nie. Daar is by hierdie skool ‘n zero toleransie vir alles wat ‘n jong kind se geluk en sukses kan steel – enige vorm van dwelms, intimidasie, afknouery, of ontwrigting. As ‘n kind homself skuldig maak aan enige ernstige wangedrag, sal hierdie skool dadelik en daadwerklik optree in belang van die ander kinders wat geraak word. Die regte van een indiwidu sal nooit meer weeg as die regte van die onskuldiges nie – ek verseker u daarvan. Natuurlik is dit ‘n lekker sappige storie om oor te vertel. Veral mense wat die skool se reputasie wil skade aandoen, vertel lekker aan hierdie storie (ek het darem interessante weergawes van wat gebeur het, gehoor). Ek verseker u dat, die dag wanneer ek besluite neem ter wille van die beskerming van hierdie skool se reputasie, bó die beskerming van hierdie skool se kinders se veiligheid en geluk, julle my moet fire. Die reputasie van ons mooi skool is natuurlik belangrik, en ons het ‘n goeie reputasie, maar nooit ten koste van enigiets nie. So ja – hier is die storie. ‘n Kind het dagga by hom gehad. Hy is geskors. Dit is al. 7 TERREINDIENS: Personeel aan diens: Datum Blackwood Mopaniestraat 16 - 20 Februarie Pierre Buys Line Botha SKOLIERPATROLLIE AAN DIENS Datum 16 – 20 Feb Blackwood Lehan van Aswegen Carla v d Bank Monique van Dyk Daniél Jansen Gr 6P Gr 6E Gr 60 Gr 6P Mopaniestraat Danielle Theron Mieke v d Merwe Jeané Liebenberg Henko Koen Gr 6E Gr 6E Gr 6S Gr 6E Sportbeleid Die Sportbeleid vir 2015 lê ter insae by mev Alta Coetzee in die Hoof se ontvangsarea vir die tydperk 26 Januarie tot 24 Februarie. Skriftelike kommentaar kan in die tydperk gestuur word aan [email protected] Pieter van Sittert Tel: 083 4494176 [email protected] ---o0o--- Gelukwense Gimnastiek Baie geluk aan Jessica Pretorius. Sy het die Eldo Sterre Gimnastiekklub se wisseltrofee gewen vir Beste Junior Balk gimnas. 6 Vanaf die Beheerliggaam Hoe belangrik gaan Maart 2015 vir Hennops wees? As ons kyk na die funksies van ‘n Beheerliggaam hoef die Beheerliggaam nie net uit Rekenmeesters of Teoloë of Prokureurs uit te bestaan nie. Daar is ‘n behoefte aan al die soorte ondervinding, kwalifikasies, vermoëns en talente wat daar bestaan. Of jy nou regskennis het, of rekenaarkennis, goed is met bemarking of besigheid of met menseverhoudinge, dit maak nie saak nie. Hoe meer die verskeidenheid van talente, hoe sterker sal die liggaam as geheel wees. Daar is nie een persoon wat beter is as ‘n ander vir die Beheerliggaam nie, wat wel goed is vir die skool is beskikbaarheid en kontinuïteit. Die lid moet baie betrokke wees, en ook ‘n persoon wat nie bang is om self hand aan die ploeg te slaan nie. Vir kontinuïteit is dit belangrik dat verkose lede so lank as moontlik op die Beheerliggaam dien. Lede wat nie een volle termyn kan staan nie, omdat hulle kinders klaarmaak met skool, voordat hulle termyn om is, veroorsaak baie ontwrigting, wat nie positief is vir die skool nie. Of jy nou skaam, of teruggetrokke, of spraaksaam of sosiaal is, maak nie saak nie. Wees betrokke, die skool het u nodig. Die Beheerliggaam moet omsien na elke kind in die skool. Elke kind van die skool moet uiters belangrik wees vir ‘n lid van die Beheerliggaam. Besluite moet objektief gemaak kan word, partykeer selfs ten koste van jou eie kind of kinders. Daar is baie kinders in die skool, en baie kinders se ouers het nie die geleenthede of vermoëns, om vir hulle kind te baklei nie. Dus moet jy as lid van die Beheerliggaam ook hierdie ouers en kinders se belange op die hart dra. So moenie onseker wees nie, elke van u sal ‘n verskil maak as lid van die Beheerliggaam. Maak uself beskikbaar, en indien dit regtig nie vir u werk nie, maak seker dat die persone wat u wel dink u belange op die hart sal dra, genomineer word. Die Beheerliggaam het plek vir ses ouers, daar is plek vir u. Ons sien uit na u nominasies. Ons sien uit na u betrokkenheid. Dit is ‘n belangrike besluit. 3 Wiskunde – Graad 6 en 7 Hoërskool Centurion het 2 jaar gelede met gratis Wiskunde hulp aan leerders by die skool begin. Ons het veral by ons juniors (gr. 8 en 9) gevind dat leerders geweldig by individuele aandag en ‘n probleemgesentreerde benadering baat. Hierdie klasse is dus nie gestruktureerde groepsklasse nie, maar eerder een-tot-een werksessies wat op ‘n leerder se spesifieke probleemarea fokus. “Buddy tutoring”, waar leerders ander leerders help, is met groot sukses aangewend. Die groep tutors staan onder leiding van me. S. Steenkamp, een van die Wiskunde-onderwysers by Hoërskool Centurion. Werksessies geskied ook onder haar toesig. Ons sukses met hierdie stelsel is sodanig dat ons gevoel het ons wil dit graag uitbrei na ons naburige laerskole. Ons nooi dus enige gr. 6- en 7 -leerders om vir hulp te kom met hul Wiskunde. Ons is Maandae tot Donderdae vanaf 14:00 tot 15:00 in T4 (klas oorkant die hokkieveld) besig. Leerders kan sonder ‘n afspraak opdaag, aangesien daar elke dag tutors aan diens is. Vir enige navrae kan ouers of onderwysers Me. Steenkamp kontak by [email protected] of 083 278 7111.
© Copyright 2025